• READER STORY: The boy who wouldn’t give up

    An Afrikaans-speaking reader shares the story of how his son refused to give up despite having no chances to prove himself… but is now taking part in provincial school trials.

    My seun het van kleins af baie in krieket belang gestel. Ek, as ‘n sportliefhebber, het self krieket gespeel vir skool en klub.

    Daarvandaan kom die passie vir sport, veral vir krieket, wat ‘n pa graag aan sy seun wil oordra. Op laerskool het ek hom nie gedwing om deel te neem nie. Hy het self begin mini-krieket speel en dadelik in die A-span ingeval. So in die loop van sy skoolloopbaan het hy krieket gespeel, van mini-krieket tot hardebal [krieket].

    Na hardebal onder-11 het hy ‘n paar wedstryde gemis omdat hy òf siek was, òf ander verantwoordelikhede gehad het. Met sy terugkeer na [krieket]oefeninge het die skool hom afgeskuif na die C-span, wat te verstane was.

    Rudie Hanekom

    Hy het in die C-span gebly tot in graad 7, want daar was geen groot belangstelling vir krieket by sy skool nie, so as jy in die Z-span in graad 1 was, sou jy in die Z-span bly tot jy uit die laerskool gekom het. Ek het hom weens die min belangstelling vir krieket by die skool op 12-jarige ouderdom by ‘n klub ingeskryf. By die klub het hy baie geleer en sodoende al hoe beter geword.

    Die klub het hom saam op toer geneem, en hy het baie toegewyd  begin word en ‘n passie vir krieket ontwikkel. Toe kom die besluit; na watter hoërskool wou hy gaan?

    Share your cricket story & win Genesis kit worth R8 999

    Rudie Hanekom

    Hy het besluit om na ‘n nuwe hoërskool in ons omgewing te gaan wat toe maar twee jaar oop was – ‘n nuwe skool en nog nie bekend vir sport nie. Die skool het wel sport aangebied en krieket was een van die keuses. Hulle kon net een span inskryf en het ‘n buite-afrigter gekry om hulle te help.

    In die span was van 13- tot 15-jarige spelers, so hulle moes almal onder-16 speel. Daar kinders wat nog nooit eers krieket gespeel het nie, maar hulle het geen keuse gehad nie omdat daar te min spelers was om van te kies.

    My seun het die kolfwerk geopen en tot die verbasing van ander skole het sy skool en hyself goed gedoen. Hy en sy span het in hul eerste jaar as hoërskool deelnemers die T20 in hul liga gewen, waar hy in die finaal 53 n.u.n behaal het.

    So het hulle in ‘n hoër liga gekom en hy het daarvan gehou om die vinniger manne aan te vat. Hy het nog ‘n 50 geslaan en toe in die volgende seisoen sy hoogste telling van 74 n.u.n ook gekry.

    My seun het nie opgehou glo dat hy krieket kan speel nie, al was hy in die C-span op laerskool. Vandag is hy 17 en slaan gereeld lopies vir sy skool en is ook paaltjiewagter. Hy is tans by die WP O17-19 proewe en doen nie te sleg nie, al besig met die derde ronde.

    Die rede hoekom julle hom behoort te kies is sy toegewydheid aan die sport, om nooit op te gee nie, van die C-span tot die WP O17-19 proewe. Ek as pa is baie trots op hom.

    Watch this space!

    – Rudie Hanekom (17, submitted by his dad, Theo)

    Post by

    Simon Lewis